~Amos was 'n gewone skaapboer - tot God hom geroep het om 'n buitengewone opdrag uit te voer. Hy moes na die hart van Israel se godsdiens kyk en vra hoe mense se persoonlike verhouding met God is. Johan Smit neem lesers in Luister...Die leeu brul met 22 studies deur Amos se eietydse boodskap. Hy kyk na temas soos: menseverhoudinge wat skeefgeloop het, ongeergheid oor ander se regte, korrupsie en hoogmoed. Lesers sal in Luister...Die leeu brul opnuut ontdek dat God se boodskap aan Amos spreek van sy liefde vir sy volgelinge, dat Hy red uit genade, en van mense verwag om hul godsdiens in liefde teenoor ander mense uit te leef.