~Meer as 45 gebede en aktiwiteite oor die wonderw�reld van gebed.
Lizette Murray wil met Gebede met vlerke vir laerskolers �n gebedsgids gee waarop hulle hul gebedslewe kan begin skoei.
Gebede met vlerke bevat meer as 45 gesels-gebede wat laerskoolkinders aanmoedig om self die avontuur van gebed te ontdek. Die ses verskillende afdelings word elkeen aan ? ander soort vo�l gekoppel. Die gebede in daardie afdeling weer�spie�l dan die unieke kenmerke van die spesifieke vo�l�soort. So gaan die Arend-gebede oor die krag van God en Duiwe-gebede oor dankbaarheid vir al die goeie dinge. Deur hierdie ver�gelykings leer kinders om spontaan en gemaklik met God oor hulle vreug�des, hartseer en besorgdhede te praat �n daarmee vol te hou.
Saam met die gebede is daar ook lekker aktiwiteite wat kinders sal help om lewe aan hulle ge�beds�lewe te gee.
Gebede met vlerke sal elke kind help om die ware krag van gebed te ontdek.
Vir laerskolers