Free national delivery on orders from R750

Close
(0) items
You have no items in your shopping cart.
All Categories
    Filters
    Preferences
    Search

    Die Verskoening

    R 200.00
    SKU: 9781431616756
    Availability: 2 in stock
    ~ Is daar hoop op ’n nuwe toekoms vir ’n jong vrou wat swaar dra aan foute uit die verlede?

    Die foute van die verlede spook by Lucy Flaud, wat jare gelede reeds die sangaande vir jongmense in Bird-in-Hand ophou bywoon het. Nou is sy 25 jaar oud, en sy koester lankal nie meer enige hoop om te trou nie. Sy fokus nou op die vrywilligerswerk wat sy onder die Amish en die Engelse doen in Lancaster. Maar hoe hard sy ook al probeer, Lucy is onseker of sy ooit enige vrede oor die verlede sal kry.

    Dale Wyeth het ’n diepe wantroue in die vooruitgang wat die moderne era bring en die afhanklikheid wat dit skep. Die jong man se versugting om nie afhanklik te wees van moderne luukses nie verdiep wanneer hy Lucy se pa, Christian Flaud, ontmoet. Dale hou van die Ou Orde Amish se vermoë om selfonderhoudend te wees, en Christian nooi hom om meer van die Ou Orde te leer deur by hulle op die plaas te kom kuier.

    Terwyl Christian en Dale amper ’n pa-en-seun-verhouding ontwikkel, begin Lucy wonder wat Dale se teenwoordigheid vir haar kan beteken. Toets God haar? Of is dit moontlik dat selfs die mees onbetroubare hart – en twee mense uit baie uiteenlopende agtergronde – op ’n manier nuut kan begin?

    Oor die outeur

    Beverly Lewis is in die hartjie van Pennsilvanië en die Amish-omge­wing gebore. Sy was voorheen ’n onder­­wyser en het meer as 17 mil­joen boeke in druk. Haar boeke is al in 11 tale vertaal en verskyn gereeld op topverkoperlyste, waar­onder New York Times en USA Today.